Jou nommer 1 internet radio stasie

                             24 uur Wêreld Wyd

https://www.facebook.com/SA-Radio-104217494585299/?modal=admin_todo_tour

Your number 1 internet radio station

                                     24 Hours World Wide

Wie Is Ons

 

SA Radio is jou nommer een radiostasie in die wêreldwyd en omliggende gebiede, maar ook wêreldwyd vir die duisende Suid-Afrikaners wat uit ons pragtige land geëmigreer het en steeds alles wat Afrikaans in afrikaans is wil ervaar.
SA Radio is ‘n opwindende tendens-stellende, opvoedkundige en insiggewende radiostasie, gebore op 7 April 2020, toe dit vir die eerste keer begin uitsaai het via internet en selfoon.
SA Radio spog met ‘n dinamiese, kreatiewe en passievolle span aan die stuur, agter die skerms en ook op die lug.
SA Radio het begin uitsaai op 7 April 2020.
SA Radio fokus op topgehalte vermaak, spesifiek vir Afrikaans-sprekende luisteraars in die groter Suid Afrika omgewing. By SA Radio word elke luisteraar gemotiveer om ‘n positiewe uitkyk en houding te ervaar teenoor ons pragtige land, sy mense, sy diversiteit en sy lewe.
SA Radio is ook gemik op Christelike waardes.
SA Radio programme wissel van suiwer vermaak tot interessante en tot-die-punt aktualiteits-programme wat die luisteraar ingelig hou oor wat plaaslik en wêreldwyd gebeur. Gereelde nuus-, verkeer- en weerberigte is baie gewild en die musiek is topgehalte lekker kontemporêre Afrikaans en Engelse treffers, met ‘n spesifieke fokus op Suid-Afrikaanse talent.
SA Radio bied nie-politiese programme en inhoud gemik daarop om die lewenstyl, aktiwiteite en belange van ons teikengehoor en die plaaslike gemeenskap en die groter Suid Afika te weer spieël. Ons speel lekker-luister Afrikaanse musiek en streef na die opheffing van ons direkte gemeenskap deur die skep van werksgeleenthede, en bevordering van Suid-Afrikaanse musiek en kunstenaars.
Skakel vandag nog in op SA Radio en beleef die lekkerts van Afrikaans op sy beste!
Skakel in op SA Radio luister via internet of een van ons selfoon platforms.

S.A Radio - Hear it. See it. Live it. !!! Let The Music Live Inside You.!!!

24 uur n dag!

7 Dae n week!

Wêreldwyd!

 

 

Wie is ons!